Watermeyer House
- Kapasiteit: 5 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mulvihalweg 11, Rondebosch, Kaapstad, 7700, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 500 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Watermeyer House is 'n selfsorghuis in Rondebosch, 'n suidelike voorstad van Kaapstad. Dié woonbuurt het middelslagwinkels, 'n klein sakegebied en die Universiteit van Kaapstad se hoofkampus is ook hier naby.
Die woonstel het slaapplek vir 2 volwassenes en 3 kinders. Daar is 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede en derde slaapkamers is ideaal vir kinders en beskik oor 'n dubbelbed of 'n enkelstapelbed. Dié 2 slaapkamers deel die hoofbadkamer.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, en eetgerei en breekware in. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die eetarea het sitplek vir 8 en die sitkamer het gemaklike rusbanke en 'n kaggel. Buite is daar 'n klimraam en 'n trampolien vir die jongspan en hulle kan na hartelus sokker speel op die groot grasperk in die tuin. 'n Eetarea is ook onder die bome beskikbaar en gaste kan gerus afkoel in die lekker groot swembad.
Die huis het 'n motorhuis met ekstra plek wat as 'n tuisgimnasium aangewend word. Ekstra parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Daar is 3 liefdevolle, vriendelike katte wat hier woon. Ander geriewe sluit WiFi, DStv en braaigeriewe in.
Slaapplek
’n Bespreking by Watermeyer House sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
Konferensiegeriewe
- DVD-speler
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Mulvihalweg 11, Rondebosch, Kaapstad, 7700, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Rondebosch Suidelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 5 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mulvihalweg 11, Rondebosch, Kaapstad, 7700, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom