Waterryk Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Waterryk Guest Farm is 'n werkende plaas in 'n rustige omgewing wat van hernubare krag en bronwater gebruik maak. Verblyf is in 3 ruim selfsorg-eenhede beskikbaar, ideaal vir gesinne, paartjies en groepe wat saam toer. Hierdie eenhede is volledig toegerus met kombuisgeriewe, die beddegoed word voorsien, en DStv is in die eenhede op die grondvloer en die boonste verdieping beskikbaar. Gaste kan die uitsigte oor die rivier geniet; die rivier is loopafstand van die eenheid af. Verder is daar is 'n grasperk met 'n braaier, 'n aparte lapa met 'n binne- en buitebraaier, asook gimnasiumgeriewe en 'n pooltafel in die hoofhuis. 'n Jettie, skeepshelling, kano en kajak is ook beskikbaar.

Waterryk Guest Farm is 6 km vanaf die brug oor die rivier aan die westelike oewer. Die grootste gedeelte van die pad is geteer - net 600 m is grondpad.

Ons sien uit na jou besoek!

Kenmerke

  •  Braaiplek

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  WiFi

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Waterryk Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za