Water's Edge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Water's Edge bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n heerlike, ontspanne strandvakansiehuis met lieflike uitsigte aan die westekant en die noordekant. Die huis bied uitsigte oor die Ou Kom, en regoor die water tot by Houtbaai en Chapman's Peak. Die huis is teen die kranspaadjie na die beskutte alkoof van Ou Kom geleë en kyk uit oor van die beste branderplankryplekke in die Kaap. Die huis is baie naby die water.

Water's Edge is kleurvol en bekoorlik en buiten die asemrowende uitsigte, is dit ook baie helder en en bied dit gemaklike beddens wat oorgetrek is met suiwer katoenlinne. Die huis het slaapplek vir 10 mense en dis ideaal vir 2 gesinne. Daar is 3 slaapkamers en 2 badkamers in die hoofhuis, en dan is daar nog 2 tuinkothuise wat elk ingerig is met 'n koningingrootte-bed en dagbed, asook 'n en suite-badkamer.

Die hoofslaapkamer in die hoofhuis het 'n koninggrootte-bed, en die tweede en derde kamers beskik oor dubbelbeddens. Die derde kamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die eerste en tweede kamers deel 'n badkamer met 'n bad en stort. Daar is ook 'n buitestort met warm en koue water, wat ideaal is vir sand afspoel na 'n heerlike swem- of branderplankry-sessie.

Die tuinkothuise, een voor en een agter, bied lieflike uitsigte oor die tuin en beskik oor klerekaste. Die huis het 'n volledig toegeruste kombuis, wat uitsigte bied sodat gaste die prentjiemooi omgewing kan bekyk terwyl hulle kook. Daar is 'n eetkamertafel binne en buite vir 10 gaste, sodat vriende en familie heerlik kan kuier en eet.

Water's Edge het 'n lieflike groot grasperk, wat ideaal is vir balspeletjies, en jonger kinders kan hul gate uit geniet op die trampolien. Staan verstom voor die uitsigte, wandel met die paadjies langs tot by die strand, en sit en bekyk elke aand die manjifieke sonsondergang - wat is nou beter as dit?

Slaapplek

'n Bespreking by Water's Edge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 3 persone
1 x Koningingrootte-bed
1 x Enkelslaapbank

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Koningingrootte-bed
1 x Enkelslaapbank

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Water's Edge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 619 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]