Watersideliving - Aruba Breeze 12

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Watersideliving - Aruba Breeze 12 is 'n gerieflike, bekoorlike selfsorgvakansiewoonstel op die tweede verdieping met baie karakter. Die woonstel is elegant versier, skoon en netjies, en is pragtig versier in blou skakerings om 'n rustige atmosfeer te skep. Die woonstel is ook lekker ruim.

Daar is slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers, asook 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Dié kamer het ook 'n uitsig oor die waterweg en deure wat lei na 'n balkon. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Dié 2 kamers het 'n uitsig op die berge en deel 'n badkamer met 'n stort.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n skottelgoedwasser en mikrogolf in. Die sitarea is lekker gemaklik en het 'n TV met DStv. Daar is ondervloerse verhitting in die huis beskikbaar. Die leefarea lei na die balkon met 'n Weber en is ideaal vir skemerkelkies. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Watersideliving - Aruba Breeze 12 is in 'n stil area met lieflike uitsigte oor die waterweg, brug en op die berge. Dit is ook net 10 minute se stap van die strand af.

Slaapplek

'n Bespreking by Watersideliving - Aruba Breeze 12 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Watersideliving - Aruba Breeze 12 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 475 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za