Watersideliving - Claptons 23

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Watersideliving - Claptons 23 is 'n selfsorgsimpleks in 'n sekuriteitskompleks op die strand in Marina Martinique. Die eenheid is onlangs opgeknap met moderne meubels en het 'n pragtige uitsig oor die kanaal en die see. Dit is stapafstand vanaf 2 bekende seekosrestaurante.

Die eenheid het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n stapelbed. Hierdie 2 kamers deel 'n badkamer wat 'n bad het.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg. Die leefarea bied 'n platskerm-TV met DStv. Die leefarea het skuifdeure en bied toegang tot 'n dek met buitemeubels, 'n ingeboude braai en 'n fantastiese uitsig.

Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad wat gaste kan gebruik en daar is 'n klimraam en 'n speelarea vir kinders op die strand naby die eenheid.

Slaapplek

'n Bespreking by Watersideliving - Claptons 23 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Watersideliving - Claptons 23 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 475 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za