Marina Martinique Akkommodasie by Watersideliving - Kingston Place 08 | LekkeSlaap
+25

Watersideliving - Kingston Place 08

Selfsorg

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Prys sluit in
Watersideliving - Kingston Place 08
Rates displayed are on a self-catering basis.
Belasting en Ekstras

Huurvoorwaardes:
Sodra die deposito ontvang word, is die bespreking gefinaliseer. Indien kansellasies nie 30 dae of meer voor die inklokdatum plaasvind nie, sal daar aangeneem word dat die gas aanvaar het dat dit gefinaliseer is. Jy sal dan aanspreeklik gehou word vir die volle huurbedrag indien daar nie 'n plaasvervangerbespreking gevind kan word vir die volledige tydperk van die oorspronklike bespreking nie. Die deposito is nie terugbetaalbaar nie.

Enige betaling bevestig die aanvaarding van die bepalings en voorwaardes van die kontrak en huisreëls. 'n Volledige kopie van die huisreëls is in 'n lêer in die eenheid. Neem asseblief kennis daarvan. Gaste moet ten alle tye by die algemene huisreëls hou (sien hieronder). Indien hierdie reëls oortree word en ons 'n klagte ontvang, sal die gas gevra word om die perseel binne 3 ure nadat 'n skriftelike kennisgewing uitgereik, te verlaat. Geen terugbetaling sal gemaak word nie. In die geval dat enige gas die huisreëls of Marina se regulasies oortree en 'n boete gehef word, is dit die gas se verantwoordelikheid om die boete te betaal.

Maksimum 4 gaste word per tweeslaapkamerheid toegelaat en 6 gaste per drieslaapkamereenheid.

Slegs 1 parkeerplek en 1 stel sleutels is per eenheid beskikbaar.

Geen troeteldiere word toegelaat nie.

Vrywaring: Hiermee vrywaar die gaste, vrylik en gewilliglik, die eienaar en agente teen enige aanspraak van enige natuur vir enige besering, verlies, skade of ongerief waaronder gaste moontlik mag ly, direk of indirek verwant aan die instansie.

Gaste betree die perseel op eie risiko. Reg van toegang voorbehou.

Algemene reëls:
Inventaris moet deur gaste nagegaan word, sien die lêer in die eenheid.
Alle items in die eenheid is nagegaan deur ons personeel. Die inhoud van die eenheid sal aanvaar word as korrek en die gaste sal aanspreeklik gehou word vir enige tekortkominge of breekskade wanneer hulle die perseel verlaat. Dit is indien enige skade of tekortkominge nie skriftelik aan die agent gemeld word binne 12 uur van aankoms nie. In die geval dat enige toestel buite werking is, sal ons nie verantwoordelik gehou kan word vir die vervanging daarvan nie.

Dagbesoekers en parkeerplek:
Reëlings moet getref word vir 'n permit vir dagbesoekers voor aankoms.
Permitte moet in die voorruit van die motor vertoon word: R50 per motor.
Dagbesoekers word slegs toegelaat tussen 08:00 en 22:00.
Parkeer in die parkeerplek wat aan jou aangewys word. Gaste moet parkeer in die gasteparkeerplekke.

Algemeen:
Slegs 2 mense word per slaapkamer toegelaat.
Meubels/ander items mag onder geen omstandighede na ’n ander eenheid geneem word nie.
Items sal as vermis verklaar word en die gas sal daarvoor moet betaal, selfs al word die item in die ander eenheid gevind.
Indien daar 'n swembad in die kompleks is vir gaste se genot, let asseblief daarop dat daar geen lyfplanke of tjoepe in die swembad toegelaat word nie. Kinders mag nie aan die hek of heining hang nie.
Moet asseblief nie die Kreepy Krauly uit die swembad haal nie.
Gebruik asseblief die buite-storte, waar beskikbaar, om seesand af te spoel en moet asseblief nie sand in die swembad afspoel nie.
Geen harde musiek, geraas of harde gesprekke nie. Wees bedagsaam teenoor jou bure.
Geen partytjies of byeenkomste sal toegelaat word nie.

Excellent Services: Skoonmaak- en wasgoeddiens:
Ons besprekingstariewe sluit alle skoonmaakdienste en omruil van linne in die eenheid uit.
Daaglikse skoonmaakdiens, uitsluitend Sondae en openbare vakansiedae, kan vooraf gereël word met die agent, Margaret.
Slegs Excellent Services se dienste mag in die eenhede gebruik word, geen privaat dienste sal toegelaat word nie.
Die eenheid sal nagegaan word na jou vertrek.
Los eenheid asb. netjies en was die skottelgoed.

Op die uitklokdatum moet die perseel teen 10:00 in die oggend ontruim word en tydens hoogseisoen is die uitkloktyd 09:00.
*Bring asb. plastiektafels, -stoel (en Weber) in en pak dit opmekaar in die eenheid.
*Maak seker alle vensters is toe, deure is gesluit en ligte is afgeskakel.
*Aktiveer asb. die alarmstelsel (indien van toepassing).

Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Ons Covid-19-waarborg: Ons sal altyd ’n 100%-terugbetaling gee indien reisbeperkings weens Covid-19 jou bespreking affekteer. Lees meer

Die bespreking is finaal sodra die deposito ontvang is. Indien gaste nie die bespreking 30 dae of meer voor die afsperdatum kanselleer nie, sal hulle die volle bedrag moet betaal tensy hulle ander gaste vir die volle tyd kan kry. Die deposito is nie terugbetaalbaar nie.

Vanaf R1 585
per nag (plek vir 5)
Vanaf R1 585
per nag (plek vir 5)
Vanaf R1 585
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kingston Place 8, Marina Martinique, Jeffreysbaai, 6332, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7OUUqYCCBP8gYu6f6NTmc1uPznDw22Kv8WfQvXSSzATWhpR5MG?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 585  per nag (plek vir 5) 3 5 1 5 8 Kingston Place Marina Martinique 6332 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-00:00 10:00 -34.07358 24.913805
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za