Gonubie Akkommodasie by Waterston Cottage | LekkeSlaap
+24
+24

Waterston Cottage

2 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R1 050 per nag (vir 4 persone)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterstonstraat 5, Gonubie, 5256, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Waterston Cottage is 'n bekoorlike en rustige tuinkothuis wat oor 'n welige subtropiese tuin met palms en 'n ryk voëllewe kyk. Gaste is mal oor dié strandkothuis met sy sjiek dekor omdat dit baie naby Gonubie se strand, rivier en plankpaadjie is.

Die kothuis is aan die gesogte rivierkant van Gonubie geleë en is stapafstand van die gewilde koffiewinkels, hotel en Spar op die strandfront. Die beroemde Thistlewood-nagmark, -trouvenue en -funksievenue is ook naby en dit is dus die ideale bestemming vir 'n bruid, bruidegom of hulle familie.

Die huis is 'n anneks tot die hoofhuis en is volledig ingerig en privaat. Dit beskik oor 'n slaapkamer en 'n groot oopplan-eetarea, -sitkamer en -slaapkamer. Dit bied slaapplek aan 4 gaste, maar is meer geskik vir 'n paartjie of 'n klein gesin of groep vriende. Daar is 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, toilet en wasbak. Kinders onder 6 jaar bly gratis en klein vriendelike honde is welkom.

Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n slentersjiek hangkas. Die oopplan-ateljee het 'n gemaklike koningingrootte-bed, 'n enkelslaapbank, 'n klein etenstafel en stoele, 2 gemaklike rusbanke en 'n groot TV met stroomkanale. Gratis WiFi is beskikbaar. Die kombuis het 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstoof, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Ons poog om 'n huis waar jy so tuis soos by jou eie huis voel te skep en ons bied ekstra geriewe vir jou gemak. Dit sluit swemhanddoeke, 'n haardroër en strykgeriewe in. Daar is oorgenoeg vars handdoeke, basiese toiletware en skoonmaakprodukte. Daar is ook bordspeletjies en speelgoed vir kinders. Ons voorsien ook basiese geriewe soos suiker, tee, koffie, melk en koekies. Daar is ook 'n beskutte privaat area waar jy jou swemklere en handdoeke kan hang om droog te raak. 'n Draagbare bababed kan ook voorsien word.

Daar is stoepmeubels met sitplek vir 4 gaste, 'n sambreel en 'n Weber-braai net buite die woonstel. Gaste het toegang tot veilige onderdakparkeerplek en die woonstel het 'n privaat ingang. Daar is 'n alarmstelsel vir ekstra sekuriteit.

Gonubie is 'n gewilde vakansiebestemming net buite Oos-Londen en dit het 'n pragtige strand en strandmeer. Daar is verskeie visvangplekke en die jaarlikse Surfer Marathon en Half Iron-man-kompetisies word hier gehou.

Slaapplek

’n Bespreking by Waterston Cottage sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Koningingrootte-bed Enkelslaapbank
Area 1
Plek vir 3 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Rekenaar Netwerklewering
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 2 resensies vir Waterston Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Waterstonstraat 5, Gonubie, 5256, Oos-Kaap
  • Gaste dink Waterston Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 050
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 050
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 050
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterstonstraat 5, Gonubie, 5256, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAVC07aZUdM9rIFeN08ar47paqkNc3CcZvdU0X18sy4245tn1gGs?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 050  per nag (vir 4 persone) 2 5 1 5 5 Waterston Street Gonubie 5256 Oos-Kaap 086 999 0018 13:00-19:00 10:00 -32.938453895641 28.026848584414
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za