Vrystaat Akkommodasie by Waterval Gasteplaas | LekkeSlaap
+13

Waterval Gasteplaas

7 resensies
Selfsorg

Opsomming van Resensie

3.9 uit 5van 7 resensies vir Waterval Gasteplaas
Netheid
3.9/5
Diens
3.3/5
Ligging
3.7/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.1/5
Johan L - Feb 2020
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
2/5
Johan L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lapa- en boma-area was baie netjies en lekker geriewe om te gebruik. Die oornagrondawels/-chalets was egter 'n groot teleurstelling. 'n Mens kan lekker hier kuier, maar beslis nie lekker slaap nie.

Chalet-kussings was jare gelede reeds uitgeslaap (plat en kliphard), die beddens was maar lendelam en het vreeslik gekraak as jy daarop rondrol. Dit alles was nog hanteerbaar, maar die chalet wat vol vlermuismis was, was minder aanvaarbaar. Dit was oral, op die beddens, wasbak, gasstofie ens. en moes vir ons 'n voorbode gewees het van die nag wat sou volg. Moes ook 'n padda uit die bed verwyder voordat ons hom kon gebruik. In die middel van die nag het ons uit radeloosheid die bed na die middel van die vertrek geskuif om weg te kom van die vlermuise wat heeltyd op ons gemis het. Hulle het ook die hele nag getwiet en gesosialiseer, en kort-kort die vertrek deurkruis op hulle eindelingse vlug na nêrens. Gelukkig is ons nie bang vir vlermuise nie, maar die vlerke wat die heeltyd bo jou kop klap maak nou nie juis vir 'n goeie nagrus nie. Nodeloos om te sê, was ons die volgende oggend 7 uur gepak en op pad huis toe sonder om ons tweede nag se verblyf te gebruik. Was nou nie juis die Valentynnaweek wat ons in gedagte gehad het nie. Weereens die buite fasiliteite is baie goed, maar die chalets is beslis nie inlyn met 'n ervaring van die webtuiste nie.

Andre V - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Andre V

Dit is baie lekker, veilige area.

As jy van Bosveld hou dan is hierdie die plek vir jou.

Esme S - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Esme S
Gesin met tieners

Rustige, ontspanne atmosfeer.

Sal aanbeveel vir enige iemand wat wil rus en ontspan sonder tierlantyntjies. Die ontvangs met aankoms was vriendelik. Ons waardeer die hulp wat aangebied is met die baie reën om ons voertuig uit te sleep wat gelukkig nie nodig was nie. Die wooneenheid het alles wat nodig is. Sal aanbeveel dat daar net 'n mop ook beskikbaar is, veral met die modder as dit reën. Baie dankie vir die gasvryheid. Sal weer terugkom as die geleentheid hom voordoen.

Daan L - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
2/5
Ligging
2/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Daan L
Gesin met klein kinders

Dit was lekker, maar ver en die gas was nie beskikbaar nie.

Lekker in die boendoes. Daar was nie vuurhoutjies of aanstekers vir die gas nie. Netjies.

Alistair H - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
1/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
5/5
Alistair H

Disappointed.

No one to great and guide us on arrival. Keys handed to us by a farm worker and garbled explanation as to how to find the accommodation. One hand towel was provided for two people to share in the shower.

Waterval Gasteplaas's terugvoer

Hi Alistair,
Sorry to hear you were disappointed. We try to never turn a booking down even when we are away and I did speak to you in advance and say that we would not be on the farm but Anna would show you to the chalet. I will speak with them to make sure they are more helpful in the future, I'm afraid they do not speak english very well. Thank you for alerting me to the lack of towels, there should always be one large towel per person.
I hope you enjoyed the chalet and surroundings on the river and the rest of your stay was ok.

Waterval Gasteplaas
Sonja V - Aug 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Sonja V

Heerlike rustige wegbreeknaweek!

As jy 'n rustige bekostigbare plek soek is Waterval jou opsie!

Jan E - Mei 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jan E

Uitstekend en asemrowend.

Ek sal enige iemand aanbeveel om na die plaas toe te gaan. Dit was in alle opsigte uitstekend en Judy was onbeskryflik gasvry.

Vanaf R500
per nag (plek vir 5)
Vanaf R500
per nag (plek vir 5)
Vanaf R500
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterval Gasteplaas, Steynsrus, 9515, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDZhNjU3MmRlLTE1ZTYtNDMwNy05ZGYwLTIyNjY5ZDJmNTE3Nw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R500  per nag (plek vir 5) 7 5 1 4 Waterval Gasteplaas Steynsrus 9515 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -27.777430336572 27.607929110527
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za