Waterval Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Waterval Guesthouse is op 'n plaas net buite Machadodorp geleë en bied aan gaste die keuse om in een van die selfsorg-eenhede (Klipkraal of Park Home) of in een van die kamers in die hoofhuis te bly.

Klipkraal is 'n tweeslaapkamer-eenheid met slaapplek vir 5 mense. Die en suite-kamers het 'n dubbelbed of enkelbeddens en daar is ook 'n enkelbed in die sitkamer. Die kombuisie het 'n stoof en 'n oond, 'n yskas en 'n mikrogolfoond. Park Home bied sakpasverblyf vir 'n gesin van 4 in 2 slaapkamers. Een van die kamers het 'n dubbelbed en die tweede kamer is net groot genoeg vir 'n stapelbed of 'n enkelbed. Die oopplan-kombuis het 'n mikrogolfoond, stoof en 'n yskas.

Daar is ook 3 selfsorgkamers in die hoofhuis om van te kies. Die en suite-kamer het 'n privaat ingang en het enkelbeddens. Die kamer het ook 'n privaat badkamer met 'n bad. Die gesinskamer het enkelbeddens of stapelbeddens en deel die badkamer met 'n stort met die middelste kamer. Die middelste kamer het 3 enkelbeddens vir 3 gaste. Al 3 kamers het toegang tot die gemeenskaplike kombuis met 'n stoof, oond, 'n yskas en 'n mikrogolfoond. Gaste is ook welkom om gebruik te maak van die eetarea en die sitkamer met 'n kaggel. Maaltye is op versoek beskikbaar.

Privaat braaigeriewe en wasgeriewe is beskikbaar vir al ons gaste. Gaste kan die asemrowende uitsig oor die plaas van die lieflike stoep af geniet. Die pragtige grasperke lei gaste na die rivier en verskeie swemgate in die heuwels. Gaste kan gerus voetslaan en fietsry en piekniekmandjies kan op versoek voorsien word. Visvang en perdry kan gereël word. Verskeie diere soos perde, koeie, ganse en hoenders is op die plaas te siene.

Waterval Guesthouse het ook 'n kampeerterrein en opleidingsentrum, maar dit is apart van die hoofhuis en selfsorg-eenhede af, sodat gaste seker kan wees oor hul privaatheid.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Kantoorgeriewe
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Waterval Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 R495 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za