Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Waterview House

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Witbankdam, Witbank, 1039, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R830 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Waterview House is 'n pragtige selfsorghuis in 'n veilige, luukse wildlandgoed op die oewer van die Witbankdam in Emalahleni. Die huis is op 'n heuwel en het slaapplek vir 14 gaste en luisterryke uitsigte oor die dam en op die omliggende berge en platorand. Daar is 5 slaapkamers, 3 badkamers, 'n volledig toegeruste kombuis, eetkamer, oopplan-braaiplek, ontspanningsareas, onderdakparkeerplek vir 6 motors en nog parkeerplek buite.

Die dam is ideaal vir visvang en watersport: Bring net jou eie boot of kano. Verder is daar 'n Jacuzzi, pooltafel en tafeltennis. Geen gevaarlike diere kom voor op die landgoed nie, so dit is ideaal vir natuurliefhebbers. Sebras, swartwildebeeste, blesbokke, rooihartbeeste en waterbokke loop vry rond op die landgoed. Voëlkykers is mal oor Waterview House en die diverse fauna en flora kan besigtig word vanuit jou eie motor, bergfiets of vierwielmotorfiets.

Die rustigheid van hierdie wildreservaat beperk glad nie jou toegang tot die moderne geriewe in die nabygeleë dorp nie. Daar is 'n gholfbaan (18 putjies) net 'n entjie van die N4-hoofweg af. Die Highveld Mall en The Ridge Casino bied ook hope vermaak, soos kegelbal speel, flimteaters, winkels en restaurante.

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 12 resensies vir Waterview House
Netheid
4.8/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Witbankdam, Witbank, 1039, Mpumalanga
  • Gaste dink Waterview House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Mpumalanga
Vanaf
Vanaf R830
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R830
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Witbankdam, Witbank, 1039, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZlMDJhYTQ4LTIwMDAtNDkyMC1hNDY1LTE0M2JmZjkzMGEwNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R830 per nag, vir 2 mense 12 5 1 5 Witbank Dam Witbank 1039 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.929638512836 29.295507109146