Wattle Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Wattle Cottage is 'n selfsorgkothuis met slaapplek vir 8 gaste op 'n werkende plaas net 21 km vanaf Lydenburg.

Dié kothuis beskik oor 4 slaapkamers wat elkeen 2 driekwartbeddens het. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Wattle Cottage gebruik sonkrag, 'n gasstoof en -geiser, en boorgatwater wat drinkbaar is. Die kombuis is met 'n gasstoof, mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n etenstafel toegerus.

Gaste kan in die sitarea of op die groot onderdakstoep met ingeboude braaigeriewe ontspan. Die eenheid het nie 'n TV nie. 'n Skoonmaakdiens is op versoek en teen 'n ekstra koste beskikbaar.

Die plaas bied verskeie doendinge, soos voëlkyk, bergfietsry en stap. Gaste kan ook die Arabiese perde, Simbra-beeste en Meatmaster-skape sien. Wildritte en perdry is op versoek en teen 'n ekstra koste beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Wattle Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Wattle Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 600 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za