Wedge-Wood Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Wedge-Wood Cottage bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n bekoorlike drieslaapkamerkothuis oorkant 'n perskeboord op die Clarens Gholf- en Ontspanningslandgoed. Dié landgoed is net 1 km vanaf Clarens se hoofstraat met winkels, restaurante, koffiewinkels en kunsgalerye.

Dié smaakvol versierde kothuis bied 'n uitsig op Horebberg en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede slaapkamer 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer 'n koningingrootte-bed. Daar is 2 badkamers waarvan 1 en suite is met 'n bad en 'n stort. Die tweede badkamer word gedeel en het 'n stort. Albei badkamers het ondervloerse verhitting en is ideaal vir die wintermaande.

Die kombuis is vir selfsorg toegerus en het 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser. Die kombuis het 'n graniettoonbank en 'n opwasarea. Daar is 'n houtkaggel in die leefarea en lugversorging.

Die beskutte patio het braaigeriewe en 'n omheinde tuin aan die voorkant met 'n verhitte plonspoel wat met sonkrag werk en 'n veiligheidsnet het. Die kothuis het 'n TV met DStv, verwarmers in die slaapkamers en elektriese komberse op die beddens. 'n Skoonmaakdiens is by die tarief ingesluit van Maandae tot Saterdae. Daar word nie hout vir die kaggel voorsien nie. Gaste moet hul eie hout voorsien en daar is beskikbaar in die dorp.

Slaapplek

'n Bespreking by Wedge-Wood Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware
  •  Ondervloerse verhitting

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Wedge-Wood Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 150 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false