LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Weenen Country Cottage | LekkeSlaap
+16

Weenen Country Cottage

8 resensies
Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: West-weg 46, Weenen, 3325, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R540 R459 per nag (vir 3 persone)

Beskrywing

Weenen Country Cottage bied 'n gemaklike, bekostigbare basis om die slagvelde, bos en berg te verken. Die area is gewild vir fietsry tussen die omliggende plase en landelike paaie. Dit is 'n tuinhuisie met slaapplek vir 3 gaste in die historiese Voortrekkerstad Weenen.

Dié kothuis het ‘n privaat ingang en is op die oorspronklike koloniale gebou se perseel wat uit 1854 dateer. Die kamer het ‘n koningingrootte-bed en die badkamer het ’n stort. 'n Enkelslaapbank is vir die derde gas of 2 kinders beskikbaar.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas, tweeplaatstoof, oond, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook ‘n etenstafel en ‘n sitarea. Die stoep het ‘n braai en ‘n uitsig oor die plaas. Die tuin is lekker groot en kinders kan daar speel.

Die kothuis is apart van die hoofhuis en het sy eie ingang. Daar is nie 'n TV nie, maar daar is WiFi hier en daar. Weenen is 'n gehuggie en het 'n OK-winkel waar gaste die basiese benodighede kan koop.

Weenen is aan die Boesmansrivieroewer geleë en kry steeds water via die oorspronklike koloniale waterweë. Daar is verskeie historiese geboue, nagmaalhuise, Andries Pretorius Museum, en die tweede oudste skool in KwaZulu-Natal. Daar is vars produkte dwarsdeur die jaar by die plaasskuur, asook 'n melkery vir vars plaas melk - beide stapafstand van die huisie af.

'n Winter in Weenen is pekanneute- en lemoenseisoen, en daar is 'n verskeidenheid van aloes.

Trekpleisters soos die Weenen Wildreservaat met 247 voëlspesies, renosters, kameelperde, bokke en hiënas wat 8km vanaf die kothuis is. ‘n Komplimentëre wildrit is beskikbaar vir verblyf van 3 of meer nagte. Dis ook naby die Drakensberge en ander slagvelde. Weenen is die ideale plattelandse gesinswegbreek.

Slaapplek

’n Bespreking by Weenen Country Cottage sluit in:

Koningingrootte-bed Enkelslaapbank
Slaapkamer
Plek vir 3 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 8 resensies vir Weenen Country Cottage
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • West-weg 46, Weenen, 3325, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Weenen Country Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R540
Vanaf R459
per nag (vir 3 persone)
was R540
Vanaf R459
per nag (vir 3 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: West-weg 46, Weenen, 3325, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcyXt45x0iWGEWuPeiYkKNOM1VDmE6UAe8cNowYWVzfPaHIEs02?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R540, nou Vanaf R459  per nag (vir 3 persone) 8 5 1 5 46 West Road Weenen 3325 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-20:00 11:00 -28.851474259197 30.077663283376
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!