Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 8 Apr 2024 tot 13 Jun 2024.
- Kapasiteit: 18 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Sparrow-weg 598, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 400R1 050 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Weltevrede Lodge bied 'n stil wegbreek in die ongerepte bos van Marlothpark, 'n vakansiedorp in 'n bewaararea op die suidelike grens van die Krugerwildtuin. Hier het gaste die kans om die Groot 5 te sien. Dis ook naby Swaziland en Mosambiek.
Verblyf is beskikbaar in 2 groot selfsorghuise, elk met 'n unieke tema. Hulle is omtrent 400 m vanaf die rivier en Krugerwildtuin se grensdraad.
Die Big Five-eenheid het slaapplek vir 10 tot 12 gaste. Daar is 2 gesinskamers bo en 'n hoofslaapkamer en 2 badkamers onder. Een badkamer het 'n stort en die ander het 'n bad. Daar is 'n toilet bo. Die huis het 'n goed toegeruste kombuis asook 'n oopplan-leefarea.
Die Four Seasons-eenheid het slaapplek vir 8 tot 10 gaste en het 4 en suite-slaapkamers, 'n kombuis en 'n oopplan-leefarea.
Ander geriewe in elke eenheid sluit in 'n TV met DStv op aanvraag (voorafbetaal) en lugversorging (ook voorafbetaal). Daar is plafonwaaiers, gratis WiFi, 'n privaat plonspoel en 'n braai-area. Die lodge is kindervriendelik en bababedjies kan op versoek voorsien word. Daar is ook 'n klein speelarea met 'n swaai.
Doendinge in die area sluit wildritte, wildkyk, voëlkyk, 4x4-roetes en staproetes in.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Elaine Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 15
Jaar gelys 4
Ligging
- Sparrow-weg 598, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Weltevrede Lodge het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 18 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Sparrow-weg 598, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom