Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Weltevreden Game Lodge

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Weltevreden Plaas 243, Glen-distrik, Bloemfontein, 9302, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Weltevreden Game Lodge is slegs 25 km vanaf Bloemfontein, op die oewer van die Modderrivier geleë. Dit is die ideale plek vir rustige wegbreek ver die stadsgewoel, vir korporatiewe funksies, spanbou-wegbreke en intieme troues. Daar is nie 'n restaurant, kroeg of winkel nie, maar alle spyseniering en koördinering kan gereël word.

Verblyf word in chalets of cabanas aangebied. Elke chalet het slaapplek vir 4 volwassenes of 2 volwassenes en 2 kinders. Die suites beskik elkeen oor 2 slaapkamers met 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens in die hoofslaapkamer en daar is 2 enkelbeddens in the solderkamer. Elke chalet het 'n kombuisie met 'n yskassie, ketel, mikrogolfoond, broodrooster, elektriese braaipan en basiese eetgerei en breekware. Daar is ook potte en panne wat vooraf bespreek moet word.

Die cabanas is meer geskik vir oornagverblyf en bied slaapplek aan 2 volwassenes op 'n koninggrootte-bed en 2 kinders onder die ouderdom van 12 op 'n slaapbank. Hierdie oopplan-eenhede het elk 'n kombuisie met 'n yskassie, 'n mikrogolf en basiese eetgerei en breekware.

Alle eenhede het braaigeriewe. Gaste moet onthou om hulle eie hout- en vuuraanstekers saam te bring.

Aktiwiteite sluit wildritte, voëlkyk, visvang, gholf, pieknieks en skemerkelkies op die dek met 'n uitsig oor die rivier of by die uitkykpunt in.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 46 resensies vir Weltevreden Game Lodge
Netheid
4.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.1/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Weltevreden Plaas 243, Glen-distrik, Bloemfontein, 9302, Vrystaat
  • Gaste dink Weltevreden Game Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Weltevreden Plaas 243, Glen-distrik, Bloemfontein, 9302, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8e334dace3bab320d7adeb38edb8dd322bd74297df9ea1bd41dc4b5d1ea579e4ada8f72fbe261ef0d6a333c099c8c79a1a5c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 46 5 1 5 Weltevreden Farm 243 Glen District 9302 Vrystaat 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -28.950775 26.394825