Westcliff Kasteeltjie

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Westcliff Kasteeltjie is 'n dubbelverdiepinghuis in Westcliff, Johannesburg naby Emmerentia, Parkview, Melville, Parktown Wes, en Greenside. Dit bied 4 slaapkamers op die boonste verdieping. Die kamers word apart verhuur, of die huis kan as geheel bespreek word vir 'n groep.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n borrelbad, dubbelstort en handdoekverwarmers. Die tweede, derde en vierde kamers het dubbelbeddens en elkeen kan ook 'n bykomende enkelbed akkomodeer. Dié 3 kamers deel 'n badkamer wat oor 'n bad en stort beskik. Beddegoed en handdoeke word in al die kamers voorsien.

Die leefarea en geriewe onder word tussen die kamers gedeel. Die kombuis het 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond, broodrooster, ketel, strykyster en etenstafel. Gaste kan in die sitkamer of gesinskamer, of op die stoep of balkon ontspan, en WiFi is beskikbaar.

Daar is parkeerplek vir 2 klein voertuie onder die stoep en 1 voertuig in die motorhuis. Let daarop dat dele van die huis met trappe bereik word en moontlik nie geskik vir gaste wat swaar loop nie. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie en rook is verbode.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Internet
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Westcliff Kasteeltjie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za