Whale O A Time

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 20 % af

Bly 5 nagte en betaal slegs vir 4 vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Mei 2018 tot 31 Jul 2018.

Beskrywing

Whale O A Time bied gerieflike selfsorgverblyf op Pearl Bay se sandduine in Yzerfontein, net 45 minute se ry vanaf Blouberg op die R27 teen die Weskus.

Verblyf word in ’n ateljeewoonstel gebied wat slaapplek vir 2 gaste het, 1 woonstel wat slaapplek vir 4 gaste het en die rustieke, bekoorlike hoofhuis wat slaapplek vir 4 tot 8 volwassenes het.

Die ateljeewoonstel is oopplan met 'n en suite-badkamer en 'n volledig toegeruste kombuisie. Daar is 'n TV, maar gaste moet hul eie DStv-dekodeerders saambring.

Die tweeslaapkamerwoonstel het 'n privaat ingang en is onder die hoofhuis geleë. Die woonstel het 'n oopplan-sitkamer en -kombuis met skuifdeure wat na braaigeriewe lei. Daar is 'n TV maar gaste moet hul eie DStv-dekodeerder saambring.

Die hoofhuis het 4 slaapkamers, 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -sitkamer, en 'n toegeboude braaikamer. Die sitkamer het 'n Jetmaster-kaggel en 'n TV, maar gaste moet asb. hul eie DStv-dekodeerder saambring. Gaste kan op die stoep ontspan en die lieflike uitsigte van die strand, Dasseneiland en Tafelberg in die verte geniet.

Parkeerplek vir 6 voertuie is op die perseel beskikbaar. Geen diere word toegelaat nie. Daar is geen WiFi nie.

Yzerfontein is tussen Kaapstad en Langebaan en is daarom die ideale plek vanwaar die Weskus verken kan word.

Oor Kerstyd moet gaste vir 'n minimum van 5 nagte bespreek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

KaartMeer oor die omgewing 

Gaste wat na Whale O A Time gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 R480 per nag (vir 2 mense)

Bly 5 nagte en betaal slegs vir 4 vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Mei 2018 tot 31 Jul 2018.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za