Lawrence Rocks Akkommodasie by Whale Rock 4 | LekkeSlaap
+12

Whale Rock 4

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Marine-rylaan 105, Lawrence Rocks, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R960 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Whale Rock 4 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Lawrence Rocks in Margate. Die kompleks is 2 tot 3 km van Margate se hoofstrand en die Hibiscus Mall af.

Die woonstel is op die eerste verdieping, het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, en toegang tot 'n balkon. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Dié 2 slaapkamers maak van die tweede badkamer met 'n stort en 'n bad gebruik.

Die kombuis is goed toegerus en sluit 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof, wasmasjien en 'n tuimeldroër in. Die sitkamer langsaan het 'n TV met 'n DStv-koppelpunt, so gaste kan hulle eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring. Daar is ongelukkig nie 'n koppelpunt vir 'n Explora-dekodeerder nie.

Die sitkamer lei na 'n ruim balkon met 'n gasbraai. Die kompleks het 'n swembad wat oor die visvangpier uitkyk en veilige aangewese parkeerplek.

Slaapplek

’n Bespreking by Whale Rock 4 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 1 resensie vir Whale Rock 4
Netheid
2.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Marine-rylaan 105, Lawrence Rocks, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Whale Rock 4 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R960
per nag (plek vir 6)
Vanaf R960
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Marine-rylaan 105, Lawrence Rocks, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbLjDWMVwTTvpLUh8yJ4VzT6v8P22UKSfQzPtrLIZDOn9THdBVr?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R960  per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 105 Marine Drive Lawrence Rocks 4265 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-16:00 09:00 -30.86679 30.3698
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za