Yzerfontein Akkommodasie by Whale Tale Studio Café | LekkeSlaap
+56
+56

Whale Tale Studio Café

8 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 11)
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dassen Island-rylaan 153, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Whale Tale is 'n lieflike strandhuis in die pragtige en stil dorp Yzerfontein, net 'n entjie se stap van die strand af. Dit bied beeldskone uitsigte oor die oseaan, Tafelberg en Dasseneiland.

Die huis is onlangs opgeknap en spog nou met 'n wit-en-geel-kleurpalet, luukse kussings en donsveer-duvets. Dit sal regtig voel asof jy êrens op 'n Griekse eiland vakansie hou!

Die hoofhuis het 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed met 'n en suite-badkamer en die tweede slaapkamer het 1 driekwartbed met 'n en suite-badkamer. Die derde slaapkamer het 2 stapelbeddens en die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer.

Die oopplan-leefarea het gemaklike rusbanke, waarvan 3 ook slaapbanke is, 'n kaggel, 'n TV met DStv en 'n eetkamerarea. Daar is 'n braai-area en swembadjie in die beskutte agterplaas. Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas, 'n stoof, oond, eetgerei, breekware en 'n aparte opwaskamer met 'n skottelgoedwasser.

As gevolg van die streng waterbeperkings, word die twee groot baddens nie gebruik nie en hulle krane is verwyder. 2 storte is beskikbaar. Whale Tale Studio Café vra om verskoning vir die ongerief en vertrou dat alle gaste water spaarsamig sal gebruik.

Yzerfontein is aan die skilderagtige Weskus van Suid-Afrika ongeveer 80 km van Kaapstad af geleë. Dié kusdorpie het pragtige strande, seisoenale veldblomme en gewilde visvangplekke. Omtrent 10 km van die kus van Yzerfontein af lê Dasseneiland, 'n toevlugsoord vir 'n oorvloed voëls met geleenthede vir beeldskone foto's.

Daar is verskeie staproetes in die omgewing, soos die Darling Stagger, Elandsfontein Privaat Natuurreservaat, Grotto Kusnatuurreservaat en die Tienie Versveld Reservaat. Weskus Nasionale Park is 20 km van Whale Tale Studio Café af waar wild soos elande, bontebokke, springbokke, steenbokke, koedoes, duikers, Kaapse bergsebras, rooikatte en bakoorjakkalse te siene is. Ander doendinge in Yzerfontein sluit wynproe langs die Darling Wynroete en skulpies versamel in Pearl Bay in.

Slaapplek

’n Bespreking by Whale Tale Studio Café sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Stapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
2 xStapelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelslaapbank
Area 1
Plek vir 3 persone
3 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 8 resensies vir Whale Tale Studio Café
Netheid
3.9/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
3.8/5

Ligging

  • Dassen Island-rylaan 153, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink Whale Tale Studio Café het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 11)
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 11)
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 11)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dassen Island-rylaan 153, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAk5dtxb5w8rFiBLLQbD199hdQsFXwfWWPUuSp03NM2eowT3JM84?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 500  per nag (plek vir 11) 8 5 1 4 153 Dassen Island Drive Yzerfontein 7351 Wes-Kaap 086 999 0018 16:00-19:00 10:00 -33.3677896 18.1691168
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za