LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Whale View 223 | LekkeSlaap
+27

Whale View 223

8 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 6
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Hermanus Whale View is in die gewilde vakansiedorp Hermanus langs die suidkus van die Wes-Kaap geleë. Dié dorp se natuurskoon, matige klimaat, buitelug-doendinge, ryk flora en ligging naby Kaapstad maak Hermanus die ideale basis vir gaste wat die Overberg wil verken. Die dorp is wêreldbekend vir die walvisse wat van die kus of bote af aanskou kan word.

Dié selfsorghuis is in 'n veilige kompleks geleë en het 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede en derde slaapkamer deel 'n badkamer.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, ketel, skottelgoedwasser en kookgerei. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6 en die leefarea het 'n TV met sekere DStv-kanale. Die eenheid lei na 'n ruim patio met braaigeriewe, gemaklike sitplek en see-uitsig.
Die eenheid het ongelukkig geen WiFi nie.

Die kompleks bied 2 swembaddens, 'n tennisbaan, putt-putt-baan, muurbalbaan, pooltafels, 'n kroeg, gemeenskaplike braaiplekke, 'n kuierkamer en 24 uur-sekuriteit met kamera-toesig.

Slaapplek

’n Bespreking by Whale View 223 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 8 resensies vir Whale View 223
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Kerkstraat, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Whale View 223 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 6
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcN5oo4jFIx9c5c3zc9jvUdSXtS2kfHQlE7iwPtFSMGxzhOoHMz?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 600  per nag (plek vir 6) 8 5 1 5 Church Street Hermanus 7200 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.436440593307 19.214196301998
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!