Whale View on Kusroad

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Whale View on Kusroad in Sandbaai is 'n dubbelverdiepinghuis wat stapafstand van die see af geleë is.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers, die 1 met 'n dubbelbed, een met 2 enkelbeddens en die ander met 'n 1 enkelbed. Die huis het ook 2 badkamers - 'n bad en stort in die een en slegs 'n stort in die ander. Daar is ook 'n sitarea op hierdie verdieping geleë.

Op die boonste vloer is daar 'n kombuis wat toegerus is met 'n yskas-vrieskas, 'n stoof met 'n oond, 'n mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe. Maaltye kan by die etenstafel geniet word en gaste kan in die leefkamer ontspan. Daar is 'n ingeboude kaggel vir daardie koue winteraande. Neem asseblief kennis dat die huis nie 'n TV het nie.

Die leefkamer lei na 'n stoep met 'n ingeboude braaiplek en 'n uitsig oor die see. Daar is veilige parkeerplek agter 'n hek beskikbaar.

Dolfyne kan regdeur die jaar gesien word en gedurende die walvisseisoen kan gaste sien hoe hierdie reuse in die baai baljaar. Daar is verskeie restaurante en winkels binne 10 minute se ry van die blyplek af. Gaste kan ook op die Hemel-en-Aardevallei-roete gaan ry en die wynplase in die area besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by Whale View on Kusroad sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Whale View On Kusroad gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 800 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za