Agulhas Akkommodasie by Whale Whispers | LekkeSlaap
+21

Whale Whispers

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat 57, Agulhas , 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 400 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Whale Whispers bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n lieflike gesinshuis. Die smaakvol versierde huis het 4 slaapkamers en is in die kusdorpie L'Agulhas, 165 m vanaf die see.

Die huis beskik oor 4 slaapkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Daar is 2 slaapkamers met 'n enkelbed elk, 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer is die kamer met die koningingrootte-bed en dit het ook 'n en suite-badkamer. Die ander 3 kamers deel die gastebadkamer. Daar is bad- en stortgeriewe.

Die huis het 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Die ingeboude braai en kroeg is langs mekaar en gaste kan om die etenstafel sit en kuier terwyl hulle 'n ogie oor die kinders in die leefarea hou. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus.

Die gewilde getypoel is net af in die pad vir diegene wat wil swem. Daar is ook pragtige wandelpaadjies om die omgewing te verken.

Slaapplek

’n Bespreking by Whale Whispers sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Hoofstraat 57, Agulhas , 7285, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 400
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 400
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat 57, Agulhas , 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA085604aac78f5b46fa7536cfbabd8c2e4947192c8ae4febb6f6a3008925ff4f55af2a52982e491effdb8f8fb38982439dc7e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 400  per nag (plek vir 6) 57 Main Road Agulhas 7285 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -34.82245172273 20.025019442328
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za