Seaforth Akkommodasie by Whalers | LekkeSlaap
+18

Whalers

Selfsorg
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Belmontweg 13, Simonstad, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 200 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Dié tweeslaapkamerkothuis in Simonstad is selfsorg en is in ’n stil area geleë. Dit is 100 jaar gelede van Noorse hout gebou. Whalers is naby Boulders Beach en ander strande en kyk oor Valsbaai uit. Dié kothuis is gesinsvriendelik, maklik bereikbaar, ruim en beskik oor ’n kombuis wat goed toegerus is. Daar is luukse beddens met linne van hoë gehalte.

By dié lieflike kothuis kan jy Boulders Beach besoek en saam met die pikkewyne swem. Die kothuis bied slaapplek aan 5 gaste en is in ’n stil straat naby ’n skool.

Whalers is ook tussen ander soortgelyke kothuise en ’n gewilde gastehuis onder senior vlootpersoneel.

Die eet- en leefarea is oopplan en pragtig gemeubileer. Die kombuis beskik oor ’n Smeg-gasstoof en -skottelgoedwasser en ander luukse toebehore wat aangename verblyf verseker. Daar is ook ’n wasmasjien in die hoofbadkamer.

Die kothuis beskik oor 2 slaapkamers wat elk gemaklike koningingrootte-beddens en en suite-badkamers het. Een badkamer het ’n bad en stort en die ander een beskik oor ’n stort.

Daar is ’n enkelbed langs die leefarea, in ’n privaat hoekie, wat ideaal is vir kinders.

Die sitarea lei na die patio en het ’n redelike uitsig oor Valsbaai. Dis die ideale plekkie vir ’n braai of jou oggendkoffie.

Die Seaforth-strand en Boulders is slegs ’n paar minute se stap van Whalers af.

Die kothuis beskik oor internet, volledige DStv en ’n alarmstelsel.

Daar is parkeerplek in die straat voor die kothuis beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Whalers sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Belmontweg 13, Simonstad, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 5)
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Belmontweg 13, Simonstad, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRmY2U4NDU5LTZhOTUtNGRiMi05ZmRjLWQ4OTk0MjUxYjc2MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 200  per nag (plek vir 5) 13 Belmont Road Simon's Town 7975 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.1965716 18.4445677
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za