Whalesong

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Whalesong Glencairn is 'n selfsorgvakansiehuis in Glencairn, tussen die berge en die see. Die woonbuurt is 4 km noord van Simonstad aan die kus van Valsbaai.

Dié huis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Bad- en stortgeriewe is in die huis beskikbaar.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en het 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, wasmasjien-tuimeldroër, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoele. Die eetarea het sitplek vir 8 mense en die sitkamer het gemaklike banke, 'n kaggel en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi word voorsien. 'n Bababedjie is op versoek beskikbaar.

Simonstad is die tuiste van Suid-Afrika se grootste vlootbasis wat met ’n oorspronklike oorlog-duikboot spog. Doendinge in die area sluit helikopterrittte en spooktoere in, en gaste kan die grotte en volstruisplaas op pad na Kaappunt besoek, asook die gewilde Kalkbaai wat verskeie restaurante het. Daar is ’n winkelsentrum wat stapafstand is van die verblyf.

Slaapplek

'n Bespreking by Whalesong sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Whalesong gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 719 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za