Kommetjie Akkommodasie by Whalestone Beach House | LekkeSlaap
+20

Whalestone Beach House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blue Whale-weg 5, Klein Slangkop, Kommetjie, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 860 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Whalestone Beach House is in die Klein Slangkop-landgoed in die kusdorp Kommetjie aan die Atlantiese kus van Kaapstad geleë. Dié huis is stapafstand van die strand.

Die huis is smaakvol ingerig en het 4 slaapkamers, 2 badkamers, 'n leefarea en 'n ten volle toegeruste kombuis. Die hoofslaapkamer is op die boonste vloer geleë en het 1 koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n bad en uitsigte oor die see. Die tweede en derde slaapkamers is op die grondvloer geleë en het albei 1 koningingrootte-bed. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer word gedeel en beskik oor 'n stort.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond en kombuistoerusting. Addisionele geriewe sluit 'n gasbraai, 'n sonverhitte swembad, HDTV, DStv, DVD en gratis WiFi in. 'n Alarmstelsel is beskikbaar.

Doendinge in die omgewing sluit swem, branderplankry, skubaduik, visvang, verfbal, voetslaan en bergfietsry in.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Blue Whale-weg 5, Klein Slangkop, Kommetjie, 7975, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 860
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 860
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blue Whale-weg 5, Klein Slangkop, Kommetjie, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGVhOWFmODY3LTgzOGUtNGI1MC04YWIxLTM3YWFkNGU1MDhhNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 860  per nag (plek vir 8) 5 Blue Whale Way Klein Slangkop 7975 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -34.128705559446 18.33948682209
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za