Wharthog Corner Leeupoort

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Wharthog Corner Leeupoort is in Dwarfgreen in die bekende Leeupoort Vakansiedorp geleë. Die verblyf is ideaal geleë vir 'n gesin vol natuurliefhebbers of reisigers wat op soek is na avontuur, en is sowat 58 km van Thabazimbi en 72 km van Bela-Bela af.

Hierdie dubbelverdieping-bosveldhuis beskik oor 3 slaapkamers en bied slaapplek aan tot 6 gaste. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en is ingerig met lugversorging, 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die ander 2 slaapkamers op die grondvloer het elkeen 'n dubbelbed, en deel die gebruik van die tweede badkamer.

Die oopplan-kombuis is toegerus met al die nodige geriewe vir 'n sorgelose selfsorg-wegbreek in die bosveld. Die leefarea het gemaklike sitplek en 'n TV met volledige DStv.

Die stoep kyk uit oor die bosveld waar wilde diere rondloop en asemrowende sonsondergange die landskap tooi.

Die huis bied ook braaigeriewe, 'n boma en 'n Jacuzzi.

Daar is verskeie staproetes op die perseel wat tussen die verskillende inheemse boomsoorte deurkronkel. Kameelperde, wildebeeste, verskeie bokspesies en ander wild is ook in die park te sien.

Daar is 'n algemene handelaar by die sekuriteitshek, asook 'n drankwinkel, 'n swembad en 'n restaurant. Die gemeenskapsaal, 'n speelparkie vir die jongspan, 'n biblioteek en 'n huisdokter is op die dorp te vinde.

Slaapplek

'n Bespreking by Wharthog Corner Leeupoort sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Jacuzzi
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Wharthog Corner Leeupoort gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za