Where the River Runs
Beskrywing
Where The River Runs ... is 'n selfsorg plaashuis net buite Harrismith op die roete na die wonderskone Noordelike- en Sentraal-Drakensberge.
Ons akkommodeer graag groepe van 4 tot 10 persone wat die huis as basis gebruik wanneer hulle kom stap, fietsry of visvang in die omgewing.
Hierdie gerieflike vierslaapkamerhuis bied bekostigbare akkommodasie vir tot 10 gaste en het 'n volledig toegeruste kombuis, 'n groot eetkamer met 'n tafel met sitplek vir 12, 'n sonnige sitkamer met 'n kaggel wat lei na 'n veranda met wonderskone uitsigte op die plaas en die omliggende omgewing.
Die plaas is geheel en al tot gaste se beskikking - gaan op lang wandeltogte, of bring jou bergfiets of motorfiets en gaan bos. Daar is ook baie doendinge in die omgewing: die Sterkfonteindam is net 'n klein entjie van ons af, verskeie toeriste-aantreklikhede in die Drakensberge en die skilderagtige dorpie Clarens is definitief 'n besoek werd.
Kenmerke
- Afrikaans
- Braaiplek
- Rolstoelvriendelik
- Veilige Parkering
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte Toilet
- Stort
- Seep
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Kamergeriewe
- Eetkamer
- Elektriese kombers
- Kaggel
- Klein Kombuis
- Sitkamer
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Where The River Runs gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |