Whiskey Creek

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Whiskey Creek is 'n selfsorghuis met ongelooflike uitsigte oor die forreldamme en is in die Walkersonslandgoed, 'n privaat landgoed in Dullstroom se vallei in Mpumalanga, geleë. Dullstroom is 'n natuurlike paradys en bied ongelooflike uitsigte op berge, op wildeblomme en spog ook met uitstekende restaurante, 'n boetiekbier-brouery en kultuurervaringe.

Dié lieflike dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 oopplan-slaapkamers wat elk 'n en suite-badkamer het. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n studeerhoekie. Die ander 3 kamers het elk 'n dubbelbed. Al die beddens het gehalte-linne. Die en suite-badkamers is oopplan en het 'n bad, stort of beide.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf en kookgerei toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër beskikbaar. Die huis spog met 2 sitkamers, waarvan een 'n TV met DStv, gerieflike banke en 'n Morso-kaggel het. Die sentrale sitarea is perfek vir 'n gesin om saam te ontspan en het banke, 'n Morso-kaggel en 'n etenstafel.

Besienswaardighede in die area sluit die Dullstroom Natuurreservaat, die Verloren Vallei Natuurreservaat en die Dullstroom Roofvoël-rehabilitasiesentrum in.

Slaapplek

'n Bespreking by Whiskey Creek sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Whiskey Creek gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 300 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za