Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Alvesta

Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Norite-weg 43, Wilropark, Roodepoort, 1724, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 055 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Alvesta is in 'n stil woonbuurt in die Helderkruin-gemeenskap in Roodepoort geleë. Dit is naby aan die Kloofendal Natuurreservaat en lekker naby winkelsentrums, besighede en restaurante geleë.

Die gastehuis bied gerieflike akkommodasie in 'n verskeidenheid en suite-kamers aan. Die verblyf is perfek vir sakereisigers én vakansiegangers. Elke kamer is smaakvol ingerig en ook kreatief vernoem na en geïnspireer deur een van die unieke, pragtige dorpies van Suid-Afrika. Die kamers beskik elkeen oor 'n yskassie met voorraad, koffie- en teemaakgeriewe en 'n versameling HD-satelliet-TV-kanale. Gaste kan ook uitsien na hartlike gasvryheid en smullekker ontbyte wat deur ons bekwame personeel voorberei word. Gaste is ook welkom om van die swembad gebruik te maak. Die swembad het 'n veiligheidsnet.

Nog 'n unieke kenmerk van Alvesta is dat dit ook 'n kunsgalery is! Die nasionale paaie is naby die gastehuis geleë om maklike toegang tot besienswaardighede in die omgewing te verseker. Ruimsig Atletiekstadion, Lanseria Lughawe, trou- en konferensie-venues, die Coca-Cola Dome, die Wieg van die Mensdom, Soccer City en die Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuine is na aan ons geleë. Kyk uit vir Roodekrans se Witkruisarende wanneer jy in die area is.

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 5 resensies vir Alvesta
Netheid
4.8/5
Diens
3.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Norite-weg 43, Wilropark, Roodepoort, 1724, Gauteng
  • Gaste dink Alvesta het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 055
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 055
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Norite-weg 43, Wilropark, Roodepoort, 1724, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDcwZDMwYWQzLTYxZWQtNDg2NC1hYzIwLWRjMDRiYWVjZGUzNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 055 per nag, vir 2 mense 5 5 1 5 43 Norite Road Wilropark 1724 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.116323096414 27.863834649324