LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by White Cliffs Penthouse | LekkeSlaap
+21

White Cliffs Penthouse

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Victoriaweg 65, Clifton, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R7 000 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

White Cliffs Penthouse is 'n ruim selfsorgwoonstel in 'n klein kompleks in Clifton, Kaapstad. Dié gesogte eiendom bied asemrowende see-uitsigte vanaf kamers, balkonne en gemeenskaplike area.

Dié woonstel is smaakvol versier en het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders, en beskik oor 3 slaapkamers met lugversorging, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n groot stort. Dié kamer lei na die balkon. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en die derde slaapkamer het 'n stapelbed vir 2 kinders. Dié 2 kamers deel die tweede badkamer, wat 'n bad en 'n stort het.

Die kombuis is volledig toegerus met die nodige toebehore om maaltye te kook, asook 'n wasmasjien en tuimeldroër. Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 en 'n TV met sekere DStv-kanale.

Die leefarea lei na die balkon met gasbraaigeriewe en 'n prentjiemooi see-uitsig. Kelderparkeerplek met afstandbeheerde toegang is vir 2 voertuie beskikbaar. WiFi is beskikbaar.

Die kompleks het 'n hysbak en 'n dakswembad. Dit is naby Clifton se tweede strand en is 27 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe.

Slaapplek

’n Bespreking by White Cliffs Penthouse sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Stapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xStapelbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Victoriaweg 65, Clifton, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R7 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf R7 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Victoriaweg 65, Clifton, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAASmwoRxdoP15jAlvnVkR1WnT0cH0UOi94cwQxrbvuzwADcX97K8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R7 000  per nag (plek vir 6) 65 Victoria Road Clifton 8005 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.937643710229 18.378443571164
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!