Britanniabaai Akkommodasie by White Sands Beach Side Holiday House | LekkeSlaap
+29

White Sands Beach Side Holiday House

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Golden Mile-boulevard 308, Britanniabaai, St Helenabaai, 7382, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 500 per nag (vir 8 persone)

Beskrywing

White Sands Beach Side Holiday House is 'n selfsorg-boetiekvakansiehuis langs 'n groen strook met direkte toegang tot die Goue Myl-strand in St Helenabaai. Dié ongerepte sandstrand is 4,5 km lank. Die dorp is op die kus geleë en ongeveer 150 km van Kaapstad af. Die streek is welbekend vir sy besienswaardighede en dolfyn- en walviskykgeleenthede. Dis die perfekte plek vir mense wat wil wegbreek van die stad se gejaag.

Dié vakansiehuis beskik oor 4 en suite-slaapkamers met slaapplek vir altesaam 8 gaste. Twee van die slaapkamers beskik elkeen oor 'n koningingrootte-bed, en die ander 2 kamers bevat elkeen 2 enkelbeddens. Die hoofbadkamer het 'n bad en stort, en die ander badkamers het net storte. Al die slaapkamers het ingeboude kaste.

Die volledig toegeruste kombuis het 'n gasstoof met 'n sentrale wok-plaat, en 'n elektriese oond, 'n vlekvryestaal-uitsuigwaaier, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser en aparte wasarea met 'n wasmasjien. Die oopplan-onthaalarea het 'n dubbelvolume-uitleg en 'n leefarea wat ingerig is met 'n platskerm-TV met DStv, asook 'n 2 m lange kaggel wat ook as binnebraai gebruik kan word.

Groot glasskuifdeure lei na 'n groot onderdakterras met 'n ingeboude 2 m lange braaiplek, 'n hout-sondek, buitemeubels en sonstoele. Gratis WiFi word voorsien.

Veilige parkeerplek is beskikbaar in 'n dubbelmotorhuis met outomatiese deure.

White Sands Beach Side Holiday House is net 'n paar minute se ry vanaf Shelley Point Gholfklub en Spa, 'n paar restaurante en winkels, en ander geriewe.

Slaapplek

’n Bespreking by White Sands Beach Side Holiday House sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 21 resensies vir White Sands Beach Side Holiday House
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Golden Mile-boulevard 308, Britanniabaai, St Helenabaai, 7382, Wes-Kaap
  • Gaste dink White Sands Beach Side Holiday House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 500
per nag (vir 8 persone)
Vanaf R3 500
per nag (vir 8 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Golden Mile-boulevard 308, Britanniabaai, St Helenabaai, 7382, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGI3ZTA5MzNlLTc1MzAtNGZlYi1iM2RiLWIwZmZmNzEwYzQxYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 500  per nag (vir 8 persone) 21 5 1 5 308 Goldenmile Boulevard Britannia Bay 7382 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -32.714472447323 17.96298712492
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za