Noordhoek Akkommodasie by Whitehaven | LekkeSlaap
+35

Whitehaven

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ticos-weg 18, Noordhoek, Kaapstad, 7979, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R12 092 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Whitehaven bied selfsorgverblyf in 'n lieflike en smaakvol versierde huis met 4 slaapkamers en pragtige uitsigte oor Noordhoek en die berg. Die huis is sowat 7 minute se ry vanaf Noordhoek se strand en is die ideale bestemming vir 'n gesinsvakansie.

Die huis beskik oor 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad en ingeboude kaste. Die slaapkamer bied toegang tot die tuin en swembad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en ingeboude kaste. Die derde slaapkamer het 2 stapelbeddens en ingeboude kaste. Die tweede en derde slaapkamer het toegang tot 'n gedeelde badkamer. Die vierde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort en ingeboude kaste.

Die groot oopplan-leefarea maak op 'n groot onderdakstoep oop. Die huis het ook 'n onthaalarea met 'n pizza-oond en 'n speletjieskamer met tafeltennis en pooltafels. Die leefarea het ook 'n goed toegeruste kombuis, eetkamer, sitkamer en ontbytarea. Daar is eetplek binne en buite vir 10 gaste en 'n toonbank met stoeltjies. Daar is 'n wasmasjien en tuimeldroër in die aparte waskamer.

Buite is daar baie spasie met 'n gelyke grasperk, trampolien, 'n groot swembad wat nie omhein is nie en 'n groentetuin. Die huis is veilig met 'n alarm en elektriese hekke, Dit het WiFi, sekere DStv-kanale, kaggels en 'n vuurput buite. Die huis, erf en swembad word deur elke dag deur personeel skoongemaak.

Slaapplek

’n Bespreking by Whitehaven sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Stapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
2 xStapelbed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Ticos-weg 18, Noordhoek, Kaapstad, 7979, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R12 092
per nag (plek vir 10)
Vanaf R12 092
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ticos-weg 18, Noordhoek, Kaapstad, 7979, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGUwYTZkYzE3LTY2ZjYtNDk0Zi05MDIwLTk4MzY0MmIyNTNhYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R12 092  per nag (plek vir 10) 18 Ticos Way Noordhoek 7979 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.103738860535 18.384101457672
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za