Onrus Akkommodasie by Wijnhuys | LekkeSlaap
+15

Wijnhuys

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bosplasie-singel, Onrus , 7201, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 999 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Wijnhuys is 'n selfsorghuis in die stil dorpie, Onrus, naby Hermanus.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Twee van die slaapkamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Die hoofslaapkamer het sy eie en suite-badkamer. Daar is 'n stort en 'n bad in die tweede badkamer.

Die oopplan-kombuis het 'n dubbeldeur-yskas, 'n mikrogolfoond, koffiemasjien, gasstoof, 'n oond en 'n skottelgoedwasser. Die sitarea het 'n TV met 'n volledige DStv-pakket en 'n DVD-speler. Die leefarea bied toegang tot 'n patio met 'n ingeboude braai en buitemeubels.

Daar is 2 motorhuise wat met afstandbeheerders werk en ekstra parkeerplek is beskikbaar op die perseel voor die motorhuise. Die huis is omhein aan die agterkant wat dit ideaal maak vir troeteldiere en daar is 'n ADT-alarm met laserstrale. Skoonmaak- en wasgoeddienste is ook op versoek beskikbaar. Die huis het sy eie eerlikheidskroegie met 'n versameling wyne.

Verskeie besienswaardighede en doendinge kan in die omtrek geniet word waaronder die wynroetes in die Hemel-en-Aarde-Vallei, voetslaan of stap, haakhokduik in Gansbaai of die Fernkloof Natuurreservaat wat 'n besoek werd is.

Slaapplek

’n Bespreking by Wijnhuys sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 3 resensies vir Wijnhuys
Netheid
4.7/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Bosplasie-singel, Onrus , 7201, Wes-Kaap
  • Gaste dink Wijnhuys het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 999
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 999
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bosplasie-singel, Onrus , 7201, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA94oCsm9G2wpzVs2Vfot6gSluVBP5jb5tpVymmTLI6bLw7W16TZ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 999  per nag (plek vir 6) 3 5 1 5 Bosplasie Crescent Onrus 7201 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -34.4108 19.18639
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za