LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Wild Dogs Safari Lodge | LekkeSlaap
+57

Wild Dogs Safari Lodge

1 resensie
Wildsplaas
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Guernsey Privaat Natuurreservaat, Guernsey-weg, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 500 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Wild Dogs Safari Lodge is 'n kleinskaalse bos-lodge met 6 chalets en 4 A-raam eenhede wat slaapplek aan 22 gaste bied. Elke eenheid is individueel versier om 'n huis-weg-van-die-huis-gevoel te skep. Elkeen beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.

'n Goeie nagrus is gewaarborg met gemaklike dubbelbeddens of 2 enkelbeddens, seilgordyne wat die lig uithou en 'n grasdak en plafonwaaier om jou koel te hou tydens warm somernagte.

Die koffie- en teestasie, gratis WiFi en jou eie privaat terras verseker dat jy 'n ontspannende dag by jou chalet kan geniet, as jy nie op 'n wildkyk-avontuur is nie. Ons 4 A-raam eenhede het dieselfde geriewe, maar dit het 'n en suite-badkamer buite wat oor 'n toilet, wasbak en stort beskik.

Die ruim uitleg van die lodge laat jou toe om jou kar langs jou eenheid te parkeer sonder om jou uitsig oor verkeie wildspesies, onder meer bokke, sebras, wildebeeste en kameelperde, te belemmer.

Ons oop en verwelkomende hoofgebou en vermaakarea bied 'n etenstafel (waar ontbyt en aandete bedien word), 'n gemaklike sitkamer, 'n terras buite met 'n oop vuurpit, 'n yskassie met volledige voorraad en 'n verfrissende swembad met sonbeddens. Dit word verder omring met 'n welige groen tuin vir ontspanning. Saans kan jy ons oop houtvuur geniet terwyl jy aan 'n drankie voor of na ete onder die sterrehemel teug.

Ons is in die Guernsey Privaat Natuurreservaat, in die hartjie van die Groter Kruger-omgewing en slegs 40 minute vanaf die Orpen-hek, geleë. Op die eiendom of in die omgewing kan jy verskeie wild, asook natuurskoontoere en prettige doendinge geniet onder meer bos-uitstappies, nagritte, Groot 5-safari's, boswagter-dae, 'n dagtoer na die Blyderiviercanyon of rehabilitasiesentrums in die omgewing, en nog veel meer.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Vlaams
  • Frans
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Wild Dogs Safari Lodge
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Guernsey Privaat Natuurreservaat, Guernsey-weg, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Gaste dink Wild Dogs Safari Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kruger tot Canyons Limpopo
Vanaf R2 500
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R2 500
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Guernsey Privaat Natuurreservaat, Guernsey-weg, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAvmRgr5EtsI7cKAikA0fQeP7zqCz6PZI7akS9fZe6iynFO0lkyT?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 500  per nag (vir 2 persone) 1 5 1 5 Guernsey Private Nature Reserve Guernsey Road 1380 Limpopo 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -24.5302583247 31.124041297517
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!