Wild Ivory Eco Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Wild Ivory Eco Lodge is 'n Groot 5-lodge in die Welgevonden Wildreservaat in Limpopo. Dié eksklusiewe tent-lodge lê in die westelike gedeelte van 'n Groot 5 Wildreservaat, in die hartjie van UNESCO se Waterberg Biosfeer Reservaat. Die lodge is die perfekte plek vir 'n safari-ervaring met verskeie wildspesies en foto-geleenthede.

Die lodge lê teen 'n hoogte en kyk uit oor die vlaktes en die privaat watergat. Daar is onbelemmerde uitsigte oor die reservaat en die Waterberge. In die somer is daar donderstorms en saans kan 'n mens jou verkyk aan die melkweg. Wild Ivory is 'n omgewingsvriendelike lodge.

Gaste bly in luukse tente met lieflike uitsigte en ruim badkamers. Daar is groot dubbelbeddens en buite is daar lêstoele. 'n Paadjie lei vanaf die hooflodge tot by die luukse, privaat tente. Die tente is ook hoog geleë en beskik elkeen oor 'n privaat stoep met lêstoele en 'n uitsig oor die reservaat. Elke kamer is goed uitgelê en beskik oor 'n skadu-dak en skadunet-vensters vir natuurlike temperatuurbeheer. Elke tent het 'n groot bed, 'n ruim badkamer met 'n bad en 'n afgesonderde buite-stort wat onbelemmerde bosveld-uitsigte bied.

Die hooflodge het 'n sitkamer en ontvangsarea wat lei na 'n groot uitkykdek en 'n swembad wat uitkyk oor die privaat watergat. Die lodge is glad nie omhein nie en gaste sal 'n egte wildernis-ervaring hê. Tradisionele maaltye word voorberei en by die hooflodge bedien. Selfsorg-pakkette is ook beskikbaar.

Omgewingsvriendelike produkte is gebruik om die lodge te bou en die hele lodge gebruik sonkrag. Die lodge smelt mooi met die omgewing saam en alle plante en produkte wat tydens die bouproses gebruik is, was omgewingsvriendelik. Selfs die rioolstelsel is omgewingsvriendelik. Die nabygeleë boorgat voorsien kristalhelder water aan die lodge.

Die lodge lê in die westelike gedeelte van die Welgevonden Wildreservaat en spog met verskeie bokspesies wat ook tientalle vleisvreters soos leeus en jakkalse hierheen lok. Naas die Groot 5 kan gaste meer as 50 soogdierspesies en 3000 voëlspesies hier gewaar. Dié reservaat is ook alombekend vir sy renosters en jagluipers.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Wild Ivory Eco Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 300 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za