Wild Pepper Tree
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 7de Straat 270, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Wild Pepper Tree bied gerieflike, en moderne selfsorgverblyf in 'n huis in Voëlklip, lekker naby die Blouvlagstrand, Grotto in Hermanus.
Daar is slaapplek vir 6 volwassenes en 2 ekstra Snooza's. Slegs kinders onder 12 jaar kan op die Snooza's slaap.
Die huis beskik oor 3 slaapkamers en het 'n oopplan-kombuis met 'n opwaskamer, 'n eetkamer en 'n sitkamer met 'n kuier-area buite. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed, en ingeboude kaste, en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en ingeboude kaste. Hierdie kamers deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die Snooza's kan rondgeskuif word.
Die moderne oopplan-kombuis het 'n aparte opwaskamer met 'n wasmasjien, tuimedroër en skottelgoedwasser. Dit sitkamer is kunstig ingerig en het 'n TV met die basiese DStv-kanale. Bring asb. jou eie slimkaart en dekodeerder saam vir ekstra kanale.
Gaste kan skemerkelkies geniet op die voorste veranda onder die skadu van die Peperboom of 'n vleisie op die vuur gooi by die ingeboude braaiplek. Die huis het 'n alarmstelsel.
Slaapplek
’n Bespreking by Wild Pepper Tree sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- 7de Straat 270, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
- Gaste dink Wild Pepper Tree het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 7de Straat 270, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom