Perlemoenbaai Akkommodasie by Wildegans Huis | LekkeSlaap
+15

Wildegans Huis

6 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Wildegansstraat 8, Gansbaai , 7220, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 4
  • Vanaf R1 300 per nag (vir 6 persone)

Beskrywing

Wildegans Huis is ’n ruim selfsorghuis vir 6 gaste in Gansbaai.

Die huis het 3 slaapkamers wat die gebruik van 2 volledige badkamers deel. Die hoofslaapkamer het ’n koningingrootte-bed, die tweede kamer het ’n dubbelbed en die derde kamer beskik oor ’n stapelbed. ’n Stel handdoeke word met aankoms voorsien.

Die oopplan-kombuis is toegerus met ’n stoof, oond, mikrogolf, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe en ’n etenstafel.

Daar is ’n ingeboude braai en TV met OpenView HD in die sitarea. Gaste kan hul eie dekodeerder, afstandbeheer en slimkaart saambring om toegang tot DStv te hê.

Die perseel is omhein en braaigeriewe en parkeerplek is beskikbaar. Let asb. daarop dat die gebruik van die motorhuis nie ingesluit is by die huur nie. Dele van die huis word via trappe bereik en kinders jonger as 4 jaar kan ongelukkig nie geakkommodeer word nie. Troeteldiere word nie toegelaat nie.

Gansbaai bied verskeie doendinge en besienswaardighede soos Duiwelsgat of fynbos voetslaanpaaie, die Danger Point Lighthouse en haaihokduik.

Slaapplek

’n Bespreking by Wildegans Huis sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Stapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 6 resensies vir Wildegans Huis
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Wildegansstraat 8, Gansbaai , 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Wildegans Huis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 300
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R1 300
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Wildegansstraat 8, Gansbaai , 7220, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 4
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAM8PZnsQcVX7RgSXswzdXSiqCxNfa3OXVjHrdZRX8toRDypagy6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 300  per nag (vir 6 persone) 6 5 1 5 8 Wildegans Street Gansbaai 7220 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -34.57198763658 19.351564672628
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za