Paarl Akkommodasie by Wildepaardejacht | LekkeSlaap
+38

Wildepaardejacht

B&B
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Chasé-straat, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Onder die indrukwekkende Klein Drakensteinberge net buite die Paarl is Weldepaardejacht. 'n Weggesteekte juweel wat ons graag met jou wil deel. Ons nooi jou na binne vir oorgenoeg ontspanning tussen wingerde, olyfboorde en lemoenbome. Maak jou oë toe en geniet die aroma van die grasdak, of spring in die swembad en laat die water jou soos swart fluweel omring. Bring 'n nag in die presidensiële suite deur, of gaan wandel op die meer as 80 akker-landgoed waar presidente eens geloop het.

Wildepaardejacht is 'n aktiewe wynlandgoed met 11 kamers en slaapplek vir 23 gaste. Die plaas produseer wit en rooiwyn-druiwe, vir onder andere Simonsvlei. Die wingerd dek 'n totale area van 82 hektaar. Ongeveer 14 met wingerde, 4 met sitrusbome, 2 akkers olyfbome en 1 hektaar van koejawel vir vrugtesapproduksie. Op die res van die grond word daar geboer of dit bestaan uit pragtige bergtonele. Die wynkelder is op 'n skilderagtige heuwel bokant die Paarl geleë en dit grens aan 'n bergagtige nasionale park. Daarom is daar wilde bobbejane, bokke en luiperds in die area.

Die hoofhuis en gastehuis is met 3 akker pragtige tuine omring wat noukeurig in stand gehou word deur drie tuiniere regdeur die jaar. Die hoofgebou is ongeveer 280 vierkante meter en was gebou in die pragtige en unieke Kaap-Hollandse styl met Renaissance-gewels en grasdakke. Dit bestaan uit 'n groot tuin, hoekige woonkamer met 'n kaggel, eetkamer en twee suites op die grondvloer. Die eerste vloer het twee verdere slaapkamers en 'n groot TV-kamer. Die gastehuis is meer as 200 vierkante meter ook in die Hollandse styl. Dit bestaan uit vier kamers met 'n private badkamer en 'n eenslaapkamerwoonstel. Alle kamers kyk oor die wingerd uit.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Wynkelder
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Ligging

  • Chasé-straat, Paarl, 7646, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Paarl Boland Wes-Kaap
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Chasé-straat, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAOVNUGsA1RjSmo9JBjefQT5tZbeRX12fqjvn9E5EUDRpkI0PH9Z?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 600  per nag (plek vir 2) Chasé Road Paarl 7646 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -33.7566 19.03296
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za