Wildernis Akkommodasie by Wilderness Dunes | LekkeSlaap
+16

Wilderness Dunes

Selfsorg
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die N2, Wilderness Dunes, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 310 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Wilderness Dunes is 'n lieflike oord in Wildernis op die Tuinroete en word omring deur ongerepte strande, mere en uitgestrekte natuurbos. Dis 'n heerlike romantiese wegbreekplek waar gaste asemrowende uitsigte van die balkonne af kan geniet en lang ente langs die strand kan gaan stap.

Die chalets het 'n eenvoudige uitleg en gaste kan kies tussen 'n standaard-chalet met 2 slaapkamers, en 'n ruim chalet met 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n solder. Sekere DStv-kanale en internet-toegang is beskikbaar. Die oord bied 'n swembad, kinderspeelplek, asook 'n speletjieskamer met tafeltennis, veerpyltjiebord, pooltafel wat met munte werk, legkaarte, domino's en speelkaarte. DVD-spelers kan op 'n daaglikse basis gehuur word.

Wilderness Dunes het 'n pragtige houtpaadjie met 222 trappies wat na die strand lei. Ander doendinge in die omgewing sluit kano, seil, seilplankry en voetslaan in, en in seisoentyd is daar walvisse en dolfyne te sien.

Kenmerke

Swembad
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Langs die N2, Wilderness Dunes, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 310
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 310
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die N2, Wilderness Dunes, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAxsSlxBi15It2widlpyV6T2AfB5ge102qPNZ9WjglnC1plVatSc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 310  per nag (plek vir 8) Off N2 Wilderness Dunes 6560 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.9973029 22.6054232
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za