Wildevy Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Wildevy Guest Farm is op 'n 45 hektaar plaas geleë tussen Bela-Bela en Modimolle op die R101 in Limpopo.

Verblyf is bekikbaar in 'n selfsorghuis met slaapplek vir 6 gaste, asook in 2 kothuise met slaapplek vir 4 gaste elk. Die gasteplaas is ideaal vir familie byeenkomste en die gemeenskaplike kombuis word gedeel met gaste wat in die woonstel of rondawel bly, alhoewel daar wel koffiegeriewe in beide eenhede beskikbaar is. Indien u bespreek en is minder as 6 gaste, sal die huis dus eerste bespreek moet word, en sodra u vir meer gaste wil bespreek sal die woonstel en rondawel bykom. Dié eenheid word aanbeveel vir groepbesprekings.

Dié huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 3 enkelbeddens. Die derde slaapkamer het 1 enkelbed. Die eerste badkamer het 'n bad en die tweede badkamer het 'n stort-oor-bad.

Die kombuis het 'n groot yskas, mikrogolfoond, stoof, oond, eetgerei, breekware en 'n ontbythoekie. Daar is ook 'n kaggel. Die huis bied toegang tot 'n stoep met sitplek buite en 'n gemeenskaplik boma met 'n vuurput.

Die chalet 1 beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die leefarea het 'n kombuisie en sitarea. Die kombuise het 'n yskassie, wasbak, tee- en koffiemaakgeriewe en kombuisware. Die chalet maak gebruik can die gemeenskaplike boma en vuurput.

Die chalet 2 beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Elke slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die leefarea het 'n kombuisie en sitarea. Die kombuise het 'n yskassie, wasbak, tee- en koffiemaakgeriewe eb kombuisware. Die chalet maak gebruik can die gemeenskaplike boma en vuurput.

Gaste kan die vermaakarea, swembad en boma met 'n vuurput benut. Die vermaakarea het 'n pooltafel, TV met DVD-speler en bordspeletjies. Daar is ook 2 wipmatte, swaaie en 'n glyplank.

Daar is verskeie wild op die plaas insluitend impalas, sebras, njalas, sabels, koedoes, volstruise en blesbokke.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Wildevy Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za