Wildside Tented Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Wildside Tented Camp is teen die majestueuse kranse van die Waterberge in die Entabeni Wildreservaat in Limpopo geleë. Dit is die ideale buitelugverblyf in luukse tente vir paartjies of gesinne.

Dié verblyf bestaan uit 20 luukse tente en bied slaapplek aan 40 gaste. Daar is 4 gesinstente met slaapplek vir 4 gaste elk. Elke eenheid het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Gaste het toegang tot 'n gedeelde sitkamer, eetarea, boma, swembad en 'n kurio-winkel.

Aktiwiteite sluit in: Wildritte vroegoggend en laatmiddag in 'n oop safarivoertuig deur die 'Groot 5'-terrein, begeleide staptoere in die reservaat, sterrekyk, voëlkyk, aandetes by die boma, piekniekmiddagetes by 'n nabygeleë waterval en skemerkelkies in die bos. Gaste kan gerus ook die gesondheids-/skoonheidsentrum, die Eugene Maraismuseum en die Pedi-kultuurdorp besoek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Gastesitkamer
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Nagportier
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Wildside Tented Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 550 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za