LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Wilgehof Selfsorg | LekkeSlaap
+9

Wilgehof Selfsorg

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 10:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malanstraat 22A, Wilgehof, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 600 per nag (vir 4 persone)

Beskrywing

Wilgehof Selfsorg is 'n gerieflike selfsorghuis vir 4 gaste en ideaal vir vakansiegangers of gaste wat pasiënte in nabygeleë hospitale besoek.

Die woonstel beskik oor 3 slaapkamers, 'n badkamer, kombuis en 'n sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede en derde slaapkamer het elk 'n enkelbed. Die kamers deel 'n badkamer met 'n bad en 'n aparte toilet. Badhanddoeke en linne word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof, oond en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Maaltye kan by die etenstafel geniet word en gaste kan in die privaat sitarea ontspan. WiFi is ook beskikbaar.

Gaste kan in die swembad afkoel of van die lapa en braaigeriewe gebruik maak. Die woonstel het 'n elektroniese hek en alarm, en onderdakparkeerplek is beskikbaar. Honde is welkom indien dit vooraf gereël word. Let daarop dat die eienaar en personeel van tyd tot tyd op die perseel sal wees.

Wilgehof Selfsorg is 3 km van die Universitas Privaat Hospitaal, Life Pasteur Hospitaal en die Nasionale Distrikshospitaal af, 3,4 km van die Universiteit van die Vrystaat af, en 4 km van Kings Park Roostuin en Loch Logan Waterfront af waar gaste verskeie winkels en restaurante sal vind.

Slaapplek

’n Bespreking by Wilgehof Selfsorg sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Malanstraat 22A, Wilgehof, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 600
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 600
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 10:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malanstraat 22A, Wilgehof, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe9ad6565cc408df4d60892567344dc9bd8fcec7d6d7c042e3a008e2a2f167ba2115a8079b73b68ea8b0144d6833823b50c7d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 600  per nag (vir 4 persone) 22A Malan Street Wilgehof 9301 Vrystaat 086 999 0018 10:00-17:00 10:00 -29.128635695386 26.185355186462
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!