Cacadu-distrik Akkommodasie by Wilgerfontein Private Game Farm | LekkeSlaap
+17

Wilgerfontein Private Game Farm

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Wilgerfontein, Port Elizabeth, 6001, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Wilgerfontein Private Game Farm is in die hartjie van die Karoo, teen die oewer van die groot Visrivier geleë. Die welige area spog met rivier-woude en Karoobosse en huisves ook 12 verskillende spesies bokke. Stadsjapies kan die stilte van die Karoo hiér kom geniet en weer hul batterye herlaai.

Daar is 2 selfsorgkothuise wat elk spog met 'n ongelooflike uitsig oor die rivier. Die derde selfsorg-eenheid het 'n uitsig oor die dam en die mooiste Karootuin. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien. In die winter verskaf ons elektriese komberse, en dan is daar waaiers om die hitte van die warm Karoo-somers te verdryf. Al 3 eenhede het houtdekke met buitemeubels.

Geriewe op die perseel sluit braai-areas en veilige parkeerplek in. Gaste kan op selfry-ritte gaan, bergfietsry, stap en visvang op die perseel. Ons voorsien tjoeps vir tjoepry op die Groot-Visrivier.

Die wildplaas is slegs 165 km vanaf Port Elizabeth, 65 km vanaf Grahamstad, 50 km vanaf Bedford en Somerset-Oos, en ongeveer 70 km vanaf die Addo Nasionale Olifantpark.

Let asb. daarop dat ons nie verantwoordelikheid kan neem vir die toestand van die publieke grondpad op die plaas nie.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 24 resensies vir Wilgerfontein Private Game Farm
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Farm Wilgerfontein, Port Elizabeth, 6001, Oos-Kaap
  • Gaste dink Wilgerfontein Private Game Farm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Cacadu-distrik Oos-Kaap
Vanaf R650
per nag (plek vir 2)
Vanaf R650
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Wilgerfontein, Port Elizabeth, 6001, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA0YTFlY2ViLTMxYzMtNDgwNi04YTc5LTY4NmE4YWZlOWM0Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R650  per nag (plek vir 2) 24 5 1 5 Farm Wilgerfontein Port Elizabeth 6001 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.063221911418 25.993786060524
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za