Kleinbaai Akkommodasie by WillA-vdWalt | LekkeSlaap
+19

WillA-vdWalt

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kabeljou-straat 37, Kleinbaai, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

WillA-vdeWalt bied selfsorgverblyf in Kleinbaai, 'n kusdorpie sowat 3 km van Gansbaai en net 160 km van Kaapstad af. Gaste kan al langs die see vanaf Kleinbaai na die Danger Point-vuurtoring op 'n grondpad ry. Hierdie area is bekend vir haaihokduik en is 'n walviskyk-bestemming. Gaste wat 'n vakansie of naweek by WillA-vdeWalt bespreek kan ook 'n haaihokduik-uitstappie, walviskyktoer of 'n vliegtuigtoer oor Walker Bay/Overstrand teen 'n spesiale tarief bespreek.

Hierdie ruim selfsorghuis is in 2 eenhede verdeel. Die boonste en onderste verdieping word apart verhuur en elke vloer het sy eie privaat ingang. Elke eenheid het slaapplek vir tot 4 gaste,

Die boonste verdieping het 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n ruim eet- en leefarea, asook 'n ingeslote balkon met 'n binnebraai en 'n etenstafel. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n skottelgoedwasser, 'n mikrogolfoond en 'n koffiemasjien. Alle linne en handdoeke word voorsien. Die huis bied 'n asemrowende uitsig.

Die onderste verdieping het ook 2 slaapkamers, maar net 1 badkamer en 'n gastetoilet, asook 'n ruim leefarea en 'n kombuis. Skuifdeure bied toegang tot die patio waar gaste kan ontspan en die uitsig indrink.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 3 resensies vir WillA-vdWalt
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Kabeljou-straat 37, Kleinbaai, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink WillA-vdWalt het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kabeljou-straat 37, Kleinbaai, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAVPz39LUpkFsMqAWxb5I0xAmRlpAnNhBxVtoZCv7N0TYe1DAgAt?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 000  per nag (plek vir 4) 3 5 1 5 37 Kabeljou Street Kleinbaai 7220 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -34.617293729371 19.352040969836
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za