Winchado Guest Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Winchado Guest Lodge is 'n 4-ster lodge wat gerieflike akkommodasie bied in Seasons Lifestyl Estate, 'n veilige kompleks in Hartbeespoort, Noordwes. Dit is ideaal vir gaste wat net lekker wil ontspan en vir 'n korporatiewe wegbreek. Hartlike gasvryheid naby aan al die aksie.

Ons het 8 slaapkamers en 2 luukse tent-eenhede. Die slaapkamers is op die grondvloer en op die boonste vloer en kan bespreek word vir selfsorg - toegang tot kombuisgeriewe. Elke kamer is gerieflik gemeubeleer en beskik oor 2 driekwartbeddens of 1 koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die luukse tente het buitestorte ook.

Verder is elke kamer toegerus met lugversorging, TV met sekere DStv-kanale, yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, sitkamertjie, stoep en bederfies. Gaste is ook welkom om gebruik te maak van die gemeenskaplike boma met braaigeriewe en daar is ook 'n konferensielokaal met plek vir tot 80 afgevaardigdes.

Die landgoed se 5-ster spa, genaamd Seasons Touch Spa en die gholfbaan is net 100 meter van die lodge af. Veilige parkering is beskikbaar en daar is heelwat doendinge in die omgewing, soos lugballonvlugte, visvang, vlooimarkte, stap en wildkyk.

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Geriewe

  •  Wasgoeddiens
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Winchado Guest Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]