Bloubergstrand Akkommodasie by Windblom Retreat | LekkeSlaap
+31

Windblom Retreat

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Windblom-weg 1, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 850 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Windblom Retreat is ’n selfsorg-vakansievilla in Bloubergstrand, met ’n perfekte ligging om ’n pragtige uitsig van die Atlantiese Oseaan en Tafelberg te geniet. Dis die ideale basis vanwaar gaste Kaapstad en die omliggende area kan verken. Die goue strand is ideaal vir watersport soos windplankry en vlieërbranderry. Ander doendinge sluit vierwielfietsry, voetslaan, inkopies en uiteet in.

Die huis het lugversorging en het slaapplek vir 8 gaste. Dit het 4 slaapkamers, 3 badkamers en ’n kombuis, TV-kamer en leefarea. Die hoofslaapkamer het ’n koningingroottte-bed en ’n en suite-badkamer met ’n bad, stort, toilet en wasbak. Die kamer het ook ’n skuifdeur wat na ’n balkon lei. Die tweede en derde kamer het elk ’n koningingrootte-bed en die vierde kamer het 2 enkelbeddens. Die gastebadkamer het ’n stort en bad en daar is ’n aparte gastetoilet.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met ’n stoof op ’n kombuis-eiland, dubbeloond, skottelgoedwasser, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook ’n ontbytkroeg met stoele. Die eetarea het sitplek vir 8 en die formele sitarea het ’n leerbank, leunstoel en kaggel. Die TV-kamer het ’n platskerm-TV teen die muur met sekere DStv-kanale en ’n klanksisteem. Gratis WiFi word voorsien.

Die leefarea lei na ’n lieflike onderdakstoep wat sitplek het, asook ’n etenstafel vir 8 en ingeboude braaigeriewe. Die stoep het ook 2 sonstoele en lei na die plonspoel.

Slaapplek

’n Bespreking by Windblom Retreat sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Windblom Retreat
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Windblom-weg 1, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Windblom Retreat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 850
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 850
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Windblom-weg 1, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAkypuTIOPx8omRNYUpFMNcooNvXUKzyo09UJ1w3ann1pjzXBBpJ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 850  per nag (plek vir 8) 1 5 1 5 1 Windblom Road Bloubergstrand 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -33.80641 18.46792
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za