LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Wingate Escape | LekkeSlaap
+25

Wingate Escape

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sardinia-rylaan 52, Capri, Sunnydale, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R280 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Wingate Escape bied gerieflike verblyf op die eienaar se perseel. Gaste het eksklusiewe toegang tot die slaapkamers en badkamer in The Annex op die onderste verdieping. Die ingang word met die hoofhuis gedeel, maar gaste het 'n privaat gang wat na die eenheid lei. Die perseel is in 'n rustige doodloopstraat in Capri, 2,2 km vanaf Long Beach Mall in Sunnydale.

Die perseel word deur 'n pypsteelgrondpad bereik en gee die gevoel van 'n natuurreservaat wat deur die Kaapse fynbos omring word.

The Annex bied 'n enkelslaapkamer met 'n enkelbed, rusbank en 'n lessenaar met 'n stoel. Die kombuisie het 'n yskassie, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe en is toegerus om basiese maaltye voor te berei. Die dubbelkamer is langs die enkelkamer en is die naaste aan die badkamer. Die dubbelkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n stort en 'n bad. Die anneks word as 'n eenheid bespreek, ongeag dit vir 1, 2 of 3 gaste bespreek word. Gaste sal daarom nie met ander gaste moet deel nie. Rook is streng verbode.

Die perseel bied 'n tuin met 'n vuurput en braaihoekie met draagbare braaigeriewe. Gaste het ook toegang tot veilige parkeerplek en gratis WiFi.

Sunnydale is in die suide van die Kaap met toegang tot verskeie strande om branderplank te ry, te swem of te snorkel. Die omliggende area bied restaurante en wynlandgoedere. Kaappunt is 35,3 km ver en Kalkbaai is 7,6 km ver. Ander besienswaardighede in die omgewing sluit die Bouldersstrand Pikkewynkolonie, Simonstad, Noordhoek se Long Beach, Kommetjiestrand, Vishoekstrand en Chapmanspiek in.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Wingate Escape
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Sardinia-rylaan 52, Capri, Sunnydale, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
  • Gaste dink Wingate Escape het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kaapstad Wes-Kaap
Vanaf R280
per nag (plek vir 2)
Vanaf R280
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sardinia-rylaan 52, Capri, Sunnydale, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAzMhzRrO1fXTyr47EHaVEIeh6QtZLye9vbTvOE7tfTqj6QkDtuL?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R280  per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 52 Sardinia Drive Capri, Sunnydale 7975 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -34.131268917067 18.392638179762
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!