Winter Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Winter Cottage is 'n lieflike ruim kothuis wat selfsorgverblyf bied. Die kothuis is in die rustige woonbuurt, Dan Pienaar, Bloemfontein geleë. Die geriewe, diens en tariewe poog om aan alle reisigers 'n meer persoonlike en huislike verblyf te bied.

Dié eenheid funksioneer onafhanklik en het 'n aparte privaat parkeerplek en ingang. Daar is 2 kamers en 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus is. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Ander geriewe sluit 'n TV met sekere DStv-kanale, Netflix en gratis WiFi in.

Winter Cottage is gerieflik geleë met Mimosa Mall 3,8 km, Preller Plein 1 km en North Ridge Mall is 4,1 km weg. Die Cure Day Medical Clinic en die Medi-Clinic in sowat 4 km weg. Met skole soos Hoërskool Sentraal, Oranje Meisieskool en Willem Postma almal binne 'n 2 km radius van die perseel.

Slaapplek

'n Bespreking by Winter Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Winter Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 R1 020 per nag (vir 5 mense)

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za