Woelwaters Beach House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Woelwaters is teen die strand in Onrus, geleë 'n klein dorpie aan die Suid-Kaapse kus, net 'n uur se ry van die Kaapstad Internasionale Lughawe af. Die huis is slegs 'n hanetreetjie vanaf die strand en digby een van die mees gewilde branderplankry-strande in dié omgewing geleë. Die hoofhuis bied slaapplek vir 7 gaste en daar is 'n anneks-eenheid met plek vir nog 4 persone.

Die hoofhuis bestaan uit 3 slaapkamers, elkeen met 'n badkamer. Die oopplan-kombuis is volledig toegerus en verbind aan die leefarea waar daar 'n etenstafel met sitplek vir 10 gaste is. Die kombuisgeriewe sluit in: 'n mikrogolfoond, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër, 2 yskaste, 'n broodrooster, ketel en alles wat jy sou verwag van 'n volledig toegeruste kombuis. Die ruim leefarea bestaan uit 'n leef- en eetarea. Die leefarea lei na die strandfront. Daar is ook 'n kaggel in die leefarea, ideaal vir daardie koue winternagte, en 'n TV met DStv. Al 3 slaapkamers en 2 van die badkamers is op die boonste vloer. Die hoofslaapkamer bied uitsigte oor Walkerbaai met patio-deure wat lei na 'n aanloklike terras met uitsigte van die see, berge, hoofstrand en die strandmeer. Die hoofslaapkamer het 'n stort, toilet, wasbak en 'n bad, terwyl die ander 2 badkamers elkeen 'n toilet, stort en wasbak het.

Die anneks-eenheid bied slaapplek vir 4 gaste. Dit bestaan uit 2 slaapkamers, een in die solder en die ander wat oor die see uitkyk, met patio-deure wat lei na die strandfront. Die kombuisie en oopplan-leefarea lei na 'n braai-area en tuintjie met 'n uitsig oor die berge en die see. Die kombuisgeriewe sluit in: 'n mikrogolfoond, 'n tweeplaatstofie met 'n oondjie, 'n yskas, broodrooster, ketel en ander basiese kombuisware. Die solderkamer het 'n dubbelbed met 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet, terwyl die ander kamer 2 enkelbeddens het. Die tweede badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Linne word voorsien en handdoeke is beskikbaar op aanvraag. Die eenheid het 'n TV met volledige DStv-kanale.

Agter die eenheid is daar 'n tuintjie met veilige stoorplek, 'n beskutte braai-area en buite-stort. Ons bied ook gratis en onbeperkte WiFi. Alle linne word voorsien en handdoeke is beskikbaar op aanvraag.

Die hoofhuis en die anneks kan as 1 eenheid vir 11 gaste in totaal gehuur word. Die anneks kan nie op sy eie gehuur word nie. Die hoofhuis kan wel as 'n alleenstaande eenheid gehuur word vir 7 gaste, maar slegs op spesiale versoek en na die goeddunke van die eienaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Dienste

  •  Koordlose Internet

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Woelwaters Beach House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 100 per nag (plek vir 11)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za