LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by The White Rose Estate | LekkeSlaap
+65

The White Rose Estate

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: N8, Plaas Wolfkop, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

The White Rose Estate is 10 km vanaf Bloemfontein op die N8 en bied 3 selfsorg-eenhede genaamd Hunters 1, Hunters 2 en Die Klein Plaashuis.

Hunters 1- is 'n eenheid met 'n groot gesinskamer, slaapplek vir 6 gaste en het 'n lieflike oopplan-leefarea en -kombuis. Die slaapkamer het 2 dubbelbeddens en 'n enkelbed. Die eenheid het ook 'n enkelslaapbank in die leefarea. Die badkamer het 'n stort. Die kombuis is met 'n yskas, stoof, gasstoof, mikrogolfoond en 'n toonbank met stoele toegerus. Die eenheid het ook 'n klipkroeg en 'n braai op die stoep.

Hunters 2 - bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 klein kinders. Dit beskik oor 'n oopplan-leefarea, -kombuisie en -slaaparea. Dit het 'n dubbelbed en 'n slaapbank vir 1 of 2 kinders. Die badkamer het 'n stort en 'n bad. Die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof en 'n mikrogolf toegerus. Daar is ook 'n ontbyttoonank met stoeltjies, lugversorging, 'n plafonwaaier en 'n braai-area op die stoep.

Die Klein Plaashuis beskik oor 2 en suite-kamers met slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en badkamer het 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die kamer het ook 'n kaggel en 'n kombuisie. Die tweede kamer het 2 dubbelbeddens en 'n privaat badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die eenheid is ook toegerus met 'n volledige selfsorg-kombuis, 'n klein stoep en braaigeriewe.

Gaste het toegang tot die hele plaas en kan aktiwiteite doen soos fietsry, voëlkyk en veilige staproetes. Daar is ook 'n pragtige braai-area in die bos en wildritte kan gereël word.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 2 resensies vir The White Rose Estate
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • N8, Plaas Wolfkop, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Gaste dink The White Rose Estate het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Bloemfontein Vrystaat
Vanaf R750
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R750
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: N8, Plaas Wolfkop, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0ab4eb6f2e7a3e213043cf10aada2d6d5b1604147b5d0237a44932be2b77a7a9082d67654f8c2630325296782ed5c898651b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (vir 2 persone) 2 5 1 5 N8 Plaas Wolfkop 9301 Vrystaat 086 999 0018 14:00-23:00 11:00 -29.133611111111 26.0675
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!